'n liedjie oor Wimpy koffie
Aanstap, dooies - Battery 9
Aanstap dooies, die lewe is maar swaar
Dis die laaste plek wat oop is en die koffie maak my naar
Jy noem hierdie koffie? Nee, se moer
Hierdie waterige stront is geen troos vir 'n boer
Ek proe die melk en die suiker, dis die koffie wat ek mis
Ag nee man, die goed proe soos likkewaanpis
Dis water, vuil water, dis deurskynende sop
Maak vir my koffie - iets wat gat skop.
Posted Dec 22, 2025, 12:36 PM UTC · edited
75